27 Aug – DRINGENDE VEILING REITZ WOONHUIS
DRINGENDE VEILING REITZ WOONHUIS
In opdrag van die skuldeiser word die eiendom per openbare veiling te koop aangebied;
WANNEER: DV DONDERDAG 27 AUGUSTUS 2026 OM 11VM “ONSITE”
WAAR: PARKLAAN 3 REITZ (Veiling vind plaas by die Eiendom self)
BESKRYWING: Erf 834 , Groot 1388vkm.
VERBETERINGS: 3 x Slaapkamers – 2 x Badkamers – Dubbel Motorhuis – Veiligheidshekke – Diefwering – Sink Spitsdak – Goed geleë
Afslaers Nota: Die woning is netjies en ‘n goeie kopie vir ‘n belegger om te verhuur of om onmiddellik self intrek te neem. Die dak is onlangs herstel en die woning is binne en buite uitgeverf. Moenie hierdie geleentheid mis nie.
BESIGTIGING SLEGS PER AFSPRAAK (Jeandre 0828070325)
Veilingsvoorwaardes van Verkoping: 5% Deposito en 10% Koperskommissie + BTW by die toeslaan van bod. Voorwaardes sal uitgelees word voor aanvang van die veiling en is ook beskikbaar op die webblad of die kantoor.
VIR NAVRAE KONTAK JEANDRE 082 807 0325 OF 051-4511728 OF www.nsabloem.co.za vir foto’s























