VEILING VAN VOERTUIE LANDBOUIMPLEMENTE MEUBELS EN TOERUSTING(Datum sal aangekondig word) 

Published by Nico Smith on

VEILING VAN VOERTUIE LANDBOUIMPLEMENTE MEUBELS EN TOERUSTING 

Datum sal so spoedig moontlik aangekondig word.

NSA Veilings – Covid 19 Ons by NSA het ‘n klomp faktore in ag geneem rondom die huidige krisis.Ons beplanning was om 100% voort te gaan met die 26ste Maart se Stoor en Perseel Veiling. Ons sal binne die Wet wees om so te doen maar het besluit dat dit onverantwoordelik sou wees teenoor ons kopers en personeel om dit te doen met die huidige tempo van verspreiding van die virus. Ons Bid en Glo dat alle betrokkenes hierdie besluit, wat nie ligtelik geneem is nie, sal begrip en verstaan.Ons beplanning is om sodra die “Lockdown” verby is onmiddellik ‘n veiling te hou van die bestaande voorraad in ons store (volg ons op webblad, sms’e en facebook waar ons vir u op datum sal bring van beplande datums.)Ons weet dat baie van ons kopers en verkopers direk afhanklik is van ons veilings vir ‘n inkomste en dit spyt ons om hierdie afkondiging te moet maak, ons belowe om alles in plek te kry om so spoedig moontlik te kan voortgaan soos normaal.Indien u in hierdie tyd van afsondering tyd het om u motorhuis en store reg te pak en oortollige items te sorteer, kontak my Jeandre Smith by 082 807 0325. Ek gaan in hierdie tyd ‘n lys byhou om te reël vir die afhaal van hierdie items sodra dit moontlik, veilig en binne die wet is. Stuur as book eposse na admin@nsabloem.co.za in hierdie verband.Ons opregte Bede vir u veiligheid en finansiële oorlewing word opgedrag aan elke aan van julle.Jesaja 26:20  “Gaan in julle Slaapkamers in, My Volk, sluit die deure agter julle toe. Kruip ‘n rukkie weg totdat God klaar is met straf”. NSA Groete Jeandre en Personeel

 Naby Food Lovers Market/Oranje Toyota in Langenhovenpark 

Voertuie e.a.: Bagasiewaentjie(ongeregistreer) – 2005 Hippo Toebak Sleepwa (DBR386FS) – 1993 Nissan Hardbody met kappie (BPG275FS/waterpomp kort aandag) – 2005 Toyota Tazz 1.4(153000km) – Massey Ferguson 390(Nie-Lopend) – Nissan Bakkie (Nie-Lopend) – Case 7140 Stroper – Monosem 15 Ry Planter – Case 2030 Koringtafel op karretjie – Krultandskoffel met Rolobakke – 2001 Jeep Grand Cherokee (253 000km)- 1994 Toyota Landcruiser 4.5P ens.

  Meubels en losgoed: Sitkamerstelle – Eetkamerstelle – Slaapstelle – Lessenaars – Kantoorstoele – Koffietafels – Houtkaste – Yskaste/Vrieskaste – Breekware –  Eetgerei – Kombuisware – Ornamente  ens. Te veel om op te noem. 

Veilingsvoorwaardes: Meubels en losgoed: R 1000 Deposito vooraf betaalbaar – met die nodige FICA dokumente vir registrasie. 15% Koperskommissie + BTW per verkoopte item betaalbaar. Slegs kontant, kaart of internet betalings word aanvaar. Artikels mag bygevoeg of onttrek word sonder verdere kennisgewing. Volledige voorwaardes op webblad of kantoor beskikbaar.

BESIGTIGING DIE DAG VOOR VEILING VANAF 09H00-17H00

VIR NAVRAE KONTAK JEANDRE 082 807 0325 OF 051-4511728

Categories: Auctions