Meer Oor NSA

Ons firma is geleë te Bainsvlei Bloemfontein van waar ons vir die afgelope 25 jaar onder die oorspronklike naam handeldryf. Alle veilings word direk deur my as eienaar hanteer waar ek deurlopend betrokke is by alle fasette, vanaf kwotasies tot en met die effektiewe hou van die veiling. Ek glo dat bogenoemde vanselfsprekend is wat betref Nico Smith Afslaers se ervaring en integriteit. Kontak ons gerus vir ‘n gratis kwotasie sodat ons u van diens kan wees in al u veiling-, waardasie en eiendoms behoeftes.

  • Beskik oor 2 ervare Afslaers met gesamentlik meer as 40 jaar ondervinding(voertuig,-kommersieël,- landbou,-eiendom en diverse veilings).
  • Toegerus en ervare om veilings enige plek in RSA aan te bied.
  • Taksateurstatus
  • Waardasies
  • Raad van Eiendomsagente gekwalifiseerd.
  • BEE Status(Level 4).
  • Bestaande veiling wat elke 14dae op ons perseel plaasvind waar items deurlopend aangebied kan word.
  • Maandeliks ‘n veiling van voertuie, bakkies, landbou- konstruksie e.a. toerusting.
  • Geregistreerde motorhandelaar status by Nedbank, Standard Bank asook Absa.

PERSEEL:

  • Perseel baie goed geleë(1½ km vanaf die N1 op die Boshoff/Kimberley-verbypad) wat maklike toegang verseker, asook ‘n goeie “vertoonvenster” bied met hoë sigbaarheid.
  • Onderdak, toesluit stoorplek vir 25 ligte voertuie.
  • Skadunet stoorplek vir 32 ligte en medium kategorie voertuie.
  • Buite stoorplek van ±2 hektaar vir Landbou en Konstruksie toerusting en voertuie.
  • Perseel ten volle omhein (1.8m) met reaksie verbinde alarm en kamerastelsel in en om geboue.
  • Perseel beskik oor goeie laaibank, asook kraan-toegeruste vragmotor wat op en aflaai bespoedig en vergemaklik. “Piggy Back” en lae-bak sleepwaens vir vervoer van voertuie e.a. bates.