7 MEI – BESTORWE BOEDEL VEILING 4.28 HA BAINSVLEI KLEINHOEWE

Published by Nico Smith on

BESTORWE BOEDEL VEILING BAINSVLEI KLEINHOEWE

In die Bestorwe Boedel Anle Pottas No 1983/2025

WAAR: EDNAU LAAN 17 BAINSVLEI BLOEMFONTEIN

WANNEER: DV DONDERDAG 7 MEI 2026 OM 11VM

Groot: 4.28 Hektaar

Verbeterings:

  1. Hoofhuis bestaande uit 2 x Slaapkamers met ensuite badkamers, Grasdak Lapa (met teel “covers”) en ingeboude braai, Woonkamer, Eetkamer, Kombuis. Aangrensend aan die hoofhuis is ‘n “Woonstel” bestaande uit oopplan kombuis/woonkamer, 2 x Slaapkamers met ensuite badkamers, asook spensvertrek.
  2. Losstaande woonstel bestaande eenslaapkamer met ensuite badkamer, oopplan kombuis/woonkamer, groot kuier stoep en eie tuin.
  3. Stoor met toegeboude flank aan een kant en afdak aan ander kant.

Ekstra’s: 5 KVA Inverter Sisteem met sonpanele, sterk toegeruste boorgat, Jo Jo Tenk met drukpomp, Opgaar dam, Groot Bome en Prag Tuin, Boom-laning ingang, geoutomatiseerde toegangshek, lemoen suurlemoen en “nartjie” bome wat goed dra.

NOTA:  Hierdie kleinhoewe is goed geleë in die baie gesogte Bainsvlei. Die eiendom met ‘n lushof van tuine bied ‘n landelike leefstyl met onderverhurings en landbou geleenthede naby die stad in ‘n baie bekostigbare prysklas.

Veilingsvoorwaardes van Verkoping: 5% Deposito en 8% Koperskommissie + BTW by die toeslaan van bod. Voorwaardes sal uitgelees word voor aanvang van die veiling en is ook beskikbaar op die webblad of die kantoor.

 BESIGTIGING SLEGS PER AFSPRAAK (Jeandre 0828070325)

VIR NAVRAE KONTAK JEANDRE 082 807 0325 OF 051-4511728 OF www.nsabloem.co.za vir foto’s