19 Feb – VEILING VAN 1750 Ha VEE & WILDSPLAAS

Published by Nico Smith on

VEILING VAN 1750 Ha VEE & WILDSPLAAS BLOEMFONTEIN/JAGERSFONTEIN PAD VERHUISINGS VEILING

Namens Dr. Hennie Weyers wat reeds verhuis het sal die volgende eiendom te koop aangebied word;

Wanneer : DV WOENSDAG 19 FEBRUARIE 2020 OM 11H00

Waar: NSA Veilings – Konferensiesaal

Beskrywing: Groot 1750 Ha – 500 Ha Toegespande Wildskamp met 9m x 9m Hout Chalet – Wild Ingesluit (Rooibokke, Blesbokke, Rooi Hartebeeste, Gemsbokke & Springbokke) – “Ou” Woonhuis Stoor – 6 x Toegeruste Boorgate (5 x Sonkrag, 1 x Dompelpomp) – “Nuwe” Sinkstoor – 2 x Werkershuise – 7 Damme.

Nota: Hierdie is ‘n baie goeie bees/veeplaas wat deur die afgelope droogte baie goed “gehou” het en gespaar is. Alle damme het nuwe voerings. Stoor, infrastruktuur, wild e.a.  Heinings in ‘n baie goeie toestand. Goeie brandpaaie. Hierdie plaas is geleë slegs 35km vanaf Bloemfontein (4km grondpad) op die Jagersfonteinpad.

Voorwaardes van verkoping: 10% Deposito, asook 5% Koperskommissie + BTW by die toeslaan van bod. Voorwaardes sal uitgelees word voor aanvang van die veiling en is ook beskikbaar op die webblad of die kantoor.

BESIGTIGING SLEGS OP AFSPRAAK

VIR NAVRAE KONTAK JEANDRE 082 807 0325 OF 051-4511728

Categories: Auctions